Ons Dienste

Wanneer ‘n akute siekte of besering (nie medies verwant) is onmiddellike optrede van kritieke belang.

Ons kundige noodeenheidspesialiste staan by om dadelik hoë gehalte mediese sorg te bied.

Ons 24/7-noodeenheid se deure is oop vir enige besering, van die geringste tot waar langtermyn ongeskiktheid of selfs die dood dreig.

Die Trauma-eenheid word beman deur hoogs bekwame noodeenheidspesialiste — ons sorg vir spoedige, veilige en kundige behandeling wanneer jy dit die nodigste kry, elke en enige dag van die jaar.

Ons behandel mediese insidente wat by die werk plaasvind, terwyl jy aan diens is, insluitend: tydens ‘n werkverwante reis, of tydens geskeduleerde pouses, of in die geval waar dit direk aan jou pligte gekoppel kan word. Dit kan fisiese beserings, geestesgesondheidstoestande, beroepsiektes of noodlottige gevalle, wat wissel van gering tot lewensbedreigend, insluit.